Raak ons te gou groot?
Deur Myron Weyers
Die gebreide truitjie,kort kaki boek en bruin sandale onthou ek nog soos gister.Ook die pink Nesquick saans voor ek gaan slaap het.Gepraat van slaap,ek kon nooit aan die slaap geraak het as ek nie my ouma se duim kon vashou nie.Maar vandag wil ek nie eers kyk daaraan nie!Wie onthou nog die straatspeletjies-wegkruipertjie,skaloeloe,tolgooi en ellie skiet,maar die beste vir my was:"kindertjies kindertjies kom huis toe!Nee ma die wolf is agter die berge!"Ek kry sommer lag as ek daaraan dink,maar een ding is verseker,daardie dae kan nie geheg word aan die waarde van geld nie.Ek het onlangs 'n jaar ryker geword,en dog toe dat almal my ophou "Myrie" sal noem.Was dit vir my 'n verrassing,want ek word nogsteeds dit genoem.Ek dink sommer aan my tienjarige neef wat eenkeer gese het dat hy nie kan wag vir sy agtiende verjaarsdag nie.Wel,ek het ook dit gese,maar het nooit besef dat verantwoordelikheid saam met ouderdom gaan.Die leefstyl wat ons tieners vandag leef is baie anders as ons ouers en grootouers sn.Daar was vir hulle gese as die son sak,moet hulle al tuis wees.Vir ons is nege uur te vroeg.Hulle het pak gekry terwyl ons net gehok word.My oupa se band het 'n naam gehad,dit was "gehoorsaam".Tog het ek nog baie respek vir hulle era,omdat ek nog 'n liefhebber is van oldschool.Nie net hul musiek fasineer my nie,maar ook die kleredrag.Vandag word hul tipe klere weer gedra deur ons,alhoewel ons dink dis nuut.Die generasie verander bty die dag,alles verander om ons.Dis maar net die loop van die lewe.Ek sluit af deur te se dat ons die beginsels asook fondamente moet onthou wat ons ouers en grootouers ons geleer het.Daar is twee woorde wat 'n verhouding tussen oud en jonk gesond hou,en dit is wedersydse respek.