“is jy besig om ‘n gat in die dak te kyk?”Vra my ma my gedurig.Ja,dis reg,ek het ook ‘n hele paar drome,soos enige ander tiener.Ek kan selfs heeldag net staar na niks,dis die manier hoe ek my drome analiseer.Drome is maar net een van daardie dinge wat jy kan bereik,of glad nie eers kan aan raak nie.Los nou eers die peppraatjies,en staar die realiteit van drome in die oë.Op een of ander manier moet jou droom realisties wees,want ek glo vas dat ons almal al verby die stadium is toe daar nog ‘n ding soos towerkrag bestaan.Tog moet jy ook altyd bereid wees en opofferinge te maak,en opofferinge verg moed,tyd en dit maak seer,figuurlik.Ek moet erken,ek is soms baie lui,en een van my swakste punte is date k te vinnig vertrou.In die proses kry ek seer.Nie almal woon in groot,luukse huise nie,en dus moet jou omstandighede die laaste ding wee swat weerstand teen jou drome bide.Die besluit lê by jou,wees dapper genoeg om teen die stroom te swem.Niks kan weggevat word van jou nie.Ons is nog jonk en moet dus die leiding neem,want oor ‘n paar jaar is ons die leiers van die land.Ja ek weet,dis baie moeilik om as tiener deesdae groot te word,omdat daar baie negatiewe dinge daar buite gebeur en nie almal kan dieselfde daarop reageer nie.Ek sluit af om te sê dat alles by jou begin.Aanvaar jouself en wees lief vir jouself,so sal ander ook.Let wel,as jou drome jou nie bang maak nie,is dit nie groot genoeg nie.
goeie ene vriend.
ReplyDeleteDis soo waar, veral daardie laaste deel van " As jou drome jou nie bang maak nie is dit nie groot genoeg nie" :)
ReplyDelete