Sunday, 11 September 2011

Einde nou in sig vir 2011 se matrikulante

Deur Myron Weyers

“Ma!!!!Hou net op,as jy stres,stres ek ook.Dis nog interskole,40days,ek moet nog gaan vir my bestuurslisensie en aansoeke doen vir die universiteit!"Klink dit nie dalk vir julle bekend ni?Ja nee,dis maar hoe dit in elke matrikulant se lewe gaan.WOES!Tog is daar een besonderse aand wat uitstaan onder al die ander,en dit is die matriekafskeid.Vir ons seuns is dit nie so groot ding nie,maar tog wil ons ook nie dat die meisies ons voorskiet nie.Twaalf jaar se wag het finaal aangebreek,en ek moes myself knyp om die realiteit regtig in die oe te staar.Net nou die dag was ek nog 'n junior wat agter 'n matrikulant moes hardloop,maar nou is ek self 'n matrikulant wat naby die deur is om totsiens te se.Ja,tyd loop verskriklik vinnig verby.Deesdae moet jy hare op jou tande he om 'n tiener te wees.Daar is verskriklike klomp versoekings.Onthou net,dis jou lewe,jy het beheer oor jou besluite,maar nie die gevolge daarvan nie.Jou ouers en familie speel 'n baie belangrike rol in jou lewe,en dus moet jy hulle waardeur.Dit mag 'cheesy' klink,maar jy sal nooit besef hoe hard hulle ook hul kant bring om jou gelukkig te maak nie.Ek is geneig om net te wil ontvang,en vergeet soms dat niks net vanself kom nie.Se dankie,al is dit net 'n ou handdrukkie of sms'ie wat jy ontvang.Moet asb nie onverantwoordelik wees by die afterparty nie,soos Nikki gese het verlede week-jy wil nie 'n bittersmaak in jou mond kry as jy aan daardie party dink nie.Ek sluit af om almal sterkte toe te wenas vir die rekord asook eindeksamen.Kort en Kragtige versie wat ek altyd sal onthou:"do your best and God will do the rest.