Tuesday, 13 March 2012

Afrikaans-so na aan my hart

“left-right,skut djou biscuit”,”avokaropere mak jou hare mere”.Is dit nou Englikaans,dalk Afri-eng?Ag nieeee  want waar val djy nou uit?Mens noem dit mos Afrikaaps.’n Taal waarop talle Kapenaars verskriklik trots is,juis omdat dit deel van hul identiteit is.
Ek meen maar,huidiglik kom ek elke liewe dag met Afrikaaps te doen.Ek studeer tans in Kaapstad en die vriende wat ek hier ontmoet het is ook Afrikaaps.Skep gou die prentjie,ek gebruik Afrikaaps in my geboorte dorp Oudtshoorn.Sjoe,mense sal na my staar met piering oe.Nie omdat dit wildsvreemd vir ons is nie,maar juis omdat ons baie oplettend is wanneer dit by suiwer Afrikaans kom.Afrikaans is ‘n taal wat vir ons soos goud werd is,eintlik meer as goud,want ek glo nie dit kan met enige iets waardevol vergelyk word nie.Dit vorm ‘n deel van my identiteit.’n Taal wat ek oral saam met my sal neem,al word ek in ‘n omgewing geplaas waar daar ‘n ander taal gepraat word.Kyk net vir Charlize Theron,tot vandag kan sy nog steeds Afrikaans lees,skryf en praat.
Ek weet in die vroeer jare was daar neergesien op Afrikaans,maar huidiglik is die kanse skraler.So hoe moes ons Afrikaners nie gevoel het in die vroeer jare nie?Dis hoekom ek dink dat daar nie gediskrimineer moet word teen Afrikaaps-sprekende mense nie.Tog het Afrikaaps ‘n paar negatiewe punte.Mense skryf soos hulle praat.Dit skep soms ‘n swak lig vir die gewone Kaapenaar,omdat sommige mense wat nie van Kaapstad is of al daar gewees het altyd sal dink dat almal van Afrikaaps gebruik maak.Die gewone ou langs die pad sal se Afrikaaps is ‘n taal vir “ongeskooldes”.Ek sal se dit is stereotipering.’n Taal stel nie vir jou beperkinge nie,nog minder hou dit jou terug.Ons moet ophou mense by die baadjie oordeel.’n Taal is ‘n taal,’n aksent is ‘n aksent.Vir wie sal die dowes togaan die einde van die dag bevoordeel?Dink weer
Waar jy jou ook al bevind vandag,of wat jy vandag dra,watter aksent of taal jy praat,maak nog steeds nie van jou ‘n ander persoon nie.Aan die einde van die dag is ons tog almal gelyk in God se oe.