Sit ‘n laggie in jou daggie!!!!
Glimlag,dit is die tweede beste ding wat jou mond kan doen,so hoekom nie van oor tot oor glimlag nie?!My ouma se my nou die dag dat ek te maer vir my ouderdom is;ek is al kleinkind met hierdie riet van ‘n lyf en nog lank op my voete ook!Ek het net breed gesmile en omgedraai.Vir my word dit tog maar op ‘n gereelde basis gese,so ek is al so gewoont daar aan .Want aan pale vashou wanneer die wind sterk waai,vra maar vir my.Moenie eers laat ek julle vertel het hoe ek gestres het voor ek my matriek uitslae ontvang het nie,ek was ene bewerasies.Want ek sal tog nooit weer terug in ‘n uniform wil spring nie.Oor my dooie liggaam,ek het skool elke dag van my lewe omgebid.Aan die einde van die dag het ek tog net weer gelag oor die ligsenende goed wat in my kop gekom het voor ek die uitslae ontvang het. Lag laat my vergeet van die slegte dingetjies in die lewe,soos die krom in my tone of selfs die brrrrei in my aksent.Ons wil alles deesdae te ernstig opneem,soos wanneer my ma my aanspreek oor my kamer en dan gooi ek die deur toe.Klink dit dalk nie bekend nie?Ja,so word daar nog tonne ander dinge verkeerd opgeneem en dan loop ons vir dae kwaad vir mekaar,soms maande,selfs jare!Elke persoon is uniek,en natuurlik gaan almal verskille he,dis nou een iets wat ons moet aanvaar.Ek en my vriende stry elke liewe dag,maar tog op die einde van die dag lag ons oor die dinge waaroor ons gestry het.En as jy die dag voel dat jou glimlag te swaar is,stort daai traantjie,dis tog nie ‘n skande nie.Ek was verbaas die dag toe ek nog in graad twaalf ‘n traantjie stort,en dit toe ek van my skoolvriende afskeid moes neem.Ek sluit af deur die volgende sinnetjie aan te haal , wat die Popster Michael Jackson gesing het: ‘’smile though your heart is aching,smile even though its breaking ‘’.
No comments:
New comments are not allowed.