People always say
I have a laugh like my mother does
Guess that makes sense
She taught me how to smile when things get rough
I’ve got her spirit, she’s always got my back
When I look at her I think I want to be just like that
When I love I give it all I’ve got
Like my mother does
When I’m scared I bow my head and pray
Like my mother does
She’s a rock, she is grace
She’s an angel, she’s my heart and soul
She does it all
When I love, I give it all I’ve got
Like my mother does
When I’m scared I bow my head and pray
Like my mother does
When I’m weak and unpretty
I know I’m beautiful and strong
Because I see myself
Like my mother does
dedicated to my wonderful mom Marina Weyers
Tuesday, 31 May 2011
Sunday, 15 May 2011
Vriend of Vyand ???
Ja nee,dis iets waarsonder ons of altans ek nie kan leef nie.Sommige van hulle noem ons sommer ‘n buddie,bra,getuie of choma,maar dis bloot gelykstaande aan ‘n vriend.Daar is ‘n verskeidenheid van hulle.Diegene wat net daar is wanneer dit goed gaan,die besitlike sort,die wat jou motiveer en dan die wat bloot jou net bystaan.Ongelukkig is daar ‘n probleem wat alle vriendskappe bevat,ongeag die verhouding wat julle het,en dit is jaloesie.Jaloesie gaan gepaard met afgunstigheid en dit is iets wat ons nie kan miskyk nie.Soms kom dit voor op snaakse maniere,en sommige tye is dit so helder soos daglig.Ons kan niks daar aan doen nie,net die minste wees.As vriende nie jou keuses en jou besluite aanvaar nie,is julle dalk nie bedoel vir mekaar nie.Groepsdruk speel ook deesdae ‘n baie groot rol in ons tieners se lewens,en dus moet ons gefokus bly en die regte ding doen vir onself.Onthou dat jou gedagtes net soveel mag dra as wat jou dade doen.So probeer vergewe,en beweeg vorentoe,sonder hulle as jy moet .Omring jouself met mense wat waarde in jou lewe bring.Kom ek vat ‘n goeie voorbeeld van ‘n termometer en verwarmer.’n Termometer meet die temperatuur en ‘n verwarmer verander die temperatuur.Wees die verwarmer,wat homself en sy besluit kan beheer.Nie die termometer wat net bloot daar is nie.Deur alles,goeie of slegte vriendskappe,bly net jouself.Maak van jou slegste die beste.Vriende maak of breek jou,dis ‘n feit.Ek sluit af deur te se dat ons nie ons ouers se raad,goeie insette en oordeel moet onderskat nie,want tot vandag toe kan mens bewys dat die raad wat hulle gee waar is en dit se:”jy word geken deur jou vriende”.
Thursday, 5 May 2011
Drome en Angs gaan saam!
“is jy besig om ‘n gat in die dak te kyk?”Vra my ma my gedurig.Ja,dis reg,ek het ook ‘n hele paar drome,soos enige ander tiener.Ek kan selfs heeldag net staar na niks,dis die manier hoe ek my drome analiseer.Drome is maar net een van daardie dinge wat jy kan bereik,of glad nie eers kan aan raak nie.Los nou eers die peppraatjies,en staar die realiteit van drome in die oë.Op een of ander manier moet jou droom realisties wees,want ek glo vas dat ons almal al verby die stadium is toe daar nog ‘n ding soos towerkrag bestaan.Tog moet jy ook altyd bereid wees en opofferinge te maak,en opofferinge verg moed,tyd en dit maak seer,figuurlik.Ek moet erken,ek is soms baie lui,en een van my swakste punte is date k te vinnig vertrou.In die proses kry ek seer.Nie almal woon in groot,luukse huise nie,en dus moet jou omstandighede die laaste ding wee swat weerstand teen jou drome bide.Die besluit lê by jou,wees dapper genoeg om teen die stroom te swem.Niks kan weggevat word van jou nie.Ons is nog jonk en moet dus die leiding neem,want oor ‘n paar jaar is ons die leiers van die land.Ja ek weet,dis baie moeilik om as tiener deesdae groot te word,omdat daar baie negatiewe dinge daar buite gebeur en nie almal kan dieselfde daarop reageer nie.Ek sluit af om te sê dat alles by jou begin.Aanvaar jouself en wees lief vir jouself,so sal ander ook.Let wel,as jou drome jou nie bang maak nie,is dit nie groot genoeg nie.
Onderhoud met Theodore Jantjies
Op 19 Februarie was die gemeenskap van Toekomsrus in rep en roer oor Heidelberg se nederige Theodore Jantjies,meer bekend as Xander Meintjies van 7de Laan.Die keer het ons hom sonder ‘n pak klere beleef.Die skare het in groot hoeveelhede die geleentheid bygewoon by die U.C.C kerk in Toekomsrus,waar hy ‘n gemotiveerde praatjie gehou het.Die skare het hom ‘n groot applous gegee toe hy die kerk intree,en wat hy gese het was:”Oudsthoorn het darm mooi mensies”.Sy boodskap aan die gemeenskap was dat elkeen moet gebruik maak van hul talente.Sal jy saam met die stroom vloei,of braaf genoeg wees om daarteen te vloei.”God het my gestuur om met julle te praat,alles is beplan”.Die akteur se moeder is ‘n enkelouer,en dus inspireer sy en sy ouma hom.Dit is sy twee rolmodelle.Hy sou ook graag ‘n onderwyser of predikant wou word,maar drama het oorgevat.Hy het afgesluit deur te se:”Oudtshoorn se mense is warm mense,hier is baie talent en dit moet vir die wereld gewys word”.
Subscribe to:
Posts (Atom)