Sunday, 15 May 2011
Vriend of Vyand ???
Ja nee,dis iets waarsonder ons of altans ek nie kan leef nie.Sommige van hulle noem ons sommer ‘n buddie,bra,getuie of choma,maar dis bloot gelykstaande aan ‘n vriend.Daar is ‘n verskeidenheid van hulle.Diegene wat net daar is wanneer dit goed gaan,die besitlike sort,die wat jou motiveer en dan die wat bloot jou net bystaan.Ongelukkig is daar ‘n probleem wat alle vriendskappe bevat,ongeag die verhouding wat julle het,en dit is jaloesie.Jaloesie gaan gepaard met afgunstigheid en dit is iets wat ons nie kan miskyk nie.Soms kom dit voor op snaakse maniere,en sommige tye is dit so helder soos daglig.Ons kan niks daar aan doen nie,net die minste wees.As vriende nie jou keuses en jou besluite aanvaar nie,is julle dalk nie bedoel vir mekaar nie.Groepsdruk speel ook deesdae ‘n baie groot rol in ons tieners se lewens,en dus moet ons gefokus bly en die regte ding doen vir onself.Onthou dat jou gedagtes net soveel mag dra as wat jou dade doen.So probeer vergewe,en beweeg vorentoe,sonder hulle as jy moet .Omring jouself met mense wat waarde in jou lewe bring.Kom ek vat ‘n goeie voorbeeld van ‘n termometer en verwarmer.’n Termometer meet die temperatuur en ‘n verwarmer verander die temperatuur.Wees die verwarmer,wat homself en sy besluit kan beheer.Nie die termometer wat net bloot daar is nie.Deur alles,goeie of slegte vriendskappe,bly net jouself.Maak van jou slegste die beste.Vriende maak of breek jou,dis ‘n feit.Ek sluit af deur te se dat ons nie ons ouers se raad,goeie insette en oordeel moet onderskat nie,want tot vandag toe kan mens bewys dat die raad wat hulle gee waar is en dit se:”jy word geken deur jou vriende”.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Nice..di mense val my lastig om by jou uit te kom!!
ReplyDeleteOmw Myron jy was reg! dit het rerag gevoel of jy nou hier met my praat..
ReplyDeleteBaie dankie, ek skuld jou vir vandag se geselsie en die post, jy't my nogal laat besef dat ek die beter een moet wees in die gemors **
xoxo