Thursday, 5 May 2011

Onderhoud met Theodore Jantjies

Op 19 Februarie was die gemeenskap van Toekomsrus in rep en roer oor Heidelberg se nederige Theodore Jantjies,meer bekend as Xander Meintjies van 7de Laan.Die keer  het ons hom sonder ‘n pak klere beleef.Die skare het in groot hoeveelhede die geleentheid bygewoon by die U.C.C kerk in Toekomsrus,waar hy ‘n gemotiveerde praatjie gehou het.Die skare het hom ‘n groot applous gegee toe hy die kerk intree,en  wat hy gese het was:”Oudsthoorn het darm mooi mensies”.Sy boodskap aan die gemeenskap was dat elkeen moet gebruik maak van hul talente.Sal jy saam met die stroom vloei,of braaf genoeg wees om daarteen te vloei.”God het my gestuur om met julle te praat,alles is beplan”.Die akteur se moeder is ‘n enkelouer,en dus inspireer sy en sy ouma hom.Dit is sy twee rolmodelle.Hy sou ook graag ‘n onderwyser of predikant wou word,maar drama het oorgevat.Hy het afgesluit deur te se:”Oudtshoorn se mense is warm mense,hier is baie talent en dit moet vir die wereld gewys word”.